m34fg1u43ofs8q9k3ze22aeffSREZ.png

Eben en Marisia

WhatsApp Image 2021-11-29 at 12.11.49 (1).jpeg
8i02bs81768q799ju1ugzdcfSREZ.png
8i02bs81768q799ju1ugzdcfSREZ.png

Welkom by ons trou-webwerf.

 

Ons kan nie wag om ons spesiale dag
saam met julle te vier nie. Ons het hierdie webwerf geskep as 'n gerieflike en interaktiewe manier om al ons belangrike besonderhede met julle te deel in die aanloop tot ons troue. 

Julle kan ook meer oor ons liefdesverhaal, die huweliks seremonie en onthaal te wete kom en ook alle ander inligting hierop kry!

 

Moenie vergeet om voor of op 

17 Januarie 2022 te RSVP nie. 

Weereens dankie vir jul liefde en ondersteuning. Ons is so opgewonde om hierdie dag met ons gunsteling mense te deel en sien uit daarna om die aand saam met julle om te dans!

 
Design Studio (8).png
qjwff8ltx8s7n93eqsme04download (87)SREZ.png
 

Google maps

 

Akkommodasie

 
 

Ons Liefdesverhaal

ewt.PNG

Ons as 2 beste vriende se storie!!


Op die ouderdom van byna 1 jaar het ons 3 Ittershagen– Strausse in 1997 verhuis vanaf
Secunda na Nelspruit in die lieflike Laeveld. Eben het weer na sy “Wood toere”… van die
Bosveld, na Mosambiek en toe ook later in die Laeveld op geëindig.


Ons het mekaar gedwonge (Ha,Ha) leer ken, deur ons ouers wat goeie kampvriende, en
later ware vriende geword het.


Op Hoërskool in NHS was ons net goeie vriende gewees. Na 4 jaar van vriendskap het ons
liefdesverhaal begin op 17 April 2014.


Dit is tot vandag toe nog ‘n lekker gespottery, omdat hy my sommer gevra het om te “kys”
in sy Pa se Hilux bakkie oppad terug vanaf die skool. Na Martriek het Eben
Besigheidsbestuur gaan studeer in Pretoria waar ek ook ‘n jaar later onderwys by Tuks
gaan studeer het. Ons kon ons studentelewe voluit saam geniet met hope pret!!


Ons gunsteling vakansies is en bly steeds in Mosambiek waar ons saam kan duik, ontspan en
natuuurlik saam R&R’s kan drink.


Marisia: “Eben se opregteid, eerlikheid en sy passie vir die lewe was en bly vir my van sy
beste eienskappe. Sy pragtige blou oë, glimlag en die manier waarop hy na my kyk en my
hand vashou laat steeds my hart vinniger klop. Alles wat hy vir my doen wys hoe lief hy my
het en dat hy net reg is vir MY! Hy is my geskenk van God af.”


Eben: “ Marisia, die meisie met ‘n hart vol omgee, mooi oë en blonde hare, het my hart
gesteel. Na al die jare sal ek haar en haar lawwe persoonlikheid vir niemand anders verruil nie.”


Hoe het hy my gevra om te trou?...


Ons en ‘n paar goeie vriende het ‘n jaarlikse instelling om vir 'n  naweek te gaan ontspan by
Mabalingwe.


Met almal se samewerking en gekonkel sou ons die middag foto’s gaan neem het op ‘n
koppie met ‘n pragtige uitsig. Daar aangekom het ons foto’s begin neem, en toe, ek weer
omdraai, staan hy agter my gehurk en vra die groot vraag. Ek het dit glad nie verwag nie, en
kon natuurlik vir hom wat met die mooiste ring in sy hand staan, deur trane, net JA! sê.


Hierdie is ons droom wat bewaarheid is. Ons het nie liefde gaan soek nie, maar die liefde
het ons gevind!


Ons bly glo dat jou lewensmaat soos jou beste vriend moet wees wat die res van jou lewe
saam jou wil spandeer. Vir die afgelope 7 jaar.... going on 8 het ons dit saam as beste
vriende spandeer. Daarom sien ons uit daarna om na 12 jaar se vriendskap en liefde ons
huwelik die 25ste Maart 2022 saam te begin as beste maats!