Hulle sê liefde is tydloos en ons kan dit verseker beaam.
Twee generasies wat bymekaar gekom het, en die perfekte balans by mekaar gevind het. Hierdie
generasie gaping het vir ons die geleentheid gegee om by mekaar te leer en mekaar aan te vul.
Ouderdom IS toe nou net n getal.
Die liefde wat ons deel is besonders. Dit het genesing gebring deur tye wat daar seer was. Dit het
sekerheid gebring deur tye waar daar onsekerheid was en dit vermenigvuldig ons geluk in tye wat dit
goed gaan. Dit laat ons toe om onsself te wees, want dit is onvoorwaardelike liefde.
In ons vier jaar saam was daar meer lag as hartseer, en meer geduld as frustrasie.
Die allerdagse dingetjies soos onderbroeke langs die wasgoed mandjie en oop kas deure die hele huis
vol is maarnet deel van ons paket. Eendag sal hy nog besef dat swart sake uitgooi nie stop by die vuil
sak uitgooi nie, maar dat om n nuwe sak in die asblik te sit, deel is van die oefening. En eendag sal sy
nog besef dat koffie koppies nie hulleself wasbak toe dra nie.
Maar ons sien uit na die res van ons lewens saam terwyl ons wag vir ‘eendag’.