Ons liefdes verhaal
Van vreemdelinge, na kennisse, na span maats, na vriende en toe die vonk (kom ons noem die vonk
David...)
Van ek hou van jou, na jy soen lekker, na eks verlief op jou na eks lief vir jou...so het ons verhouding
gegroei.
Ons vriendskap het versterk, ons is nogsteeds span maats en die liefde wat ons vir mekaar het is n liefde
wat moeilik is om te beskryf...:
Onvoorwaardelik
Bedagsaam
Humoristies
Laf
Ernstig
Respekvol
Genotvol
Die is maar n paar woorde wat ons liefde beskryf.
Ons liefde is al getoets - deur netbal, deur tent opslaan, deur gordyne op hang, deur inperking, deur
siekte en ongelukkig ook deur sterfte, dus nog n paar woorde wat ons liefde beskryf is sterk, duursaam
en betroubaar.
Ons sien uit na die volgende hoofstuk, n volgende geleentheid om ons liefde se woordeboek uit te brei.
O en nog n beskrywing van ons liefde – Cheesy, because it ain’t easy being cheesy